Woord vir Vandag - 28 Okt 2026

Loading player...
“Met ‘n woord het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk.” Psalm 107:20 NLV
Genesing in die Ou Testament
Die Ou Testament is vol beloftes van genesing, sowel as voorbeelde van God wat mense genees. Hier is ‘n paar beloftes van genesing: ‘Julle mag niemand anders as die Here julle God aanbid nie. Ek sal julle met kos en water en gesondheid seën. In julle land sal kinders nie met geboorte sterf nie. Julle mense sal nie onvrugbaar wees nie. Ek sal julle lank en gelukkig laat lewe’ (Eksodus 23:25-26 NLV). ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). ‘Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak’ (Psalm 30:3 NLV). Hier is ook ‘n paar voorbeelde van genesing in die Ou Testament: 1) God wat Naäman van melaatsheid genees (sien 2 Konings 5:14-15); 2) Elia wat die weduwee se seun uit die dood opwek (sien 1 Konings 17:17-24); 3) God wat Hanna se onvrugbaarheid genees (sien 1 Samuel 1:19-20); 4) Die kinders van Israel word genees toe hulle deur giftige slange in die woestyn gepik is (sien Numeri 21:4-9). Die Ou Testament bewys dat God oor die volgehoue gesondheid van sy volk omgee. Psalm 105:37 sê toe God die Israeliete uit slawerny van Egipte verlos het, het Hy hulle ‘…ook uitgebring met silwer en goud, en daar was nie een swak mens onder hulle stamme nie’ (Psalm 105:37 KAB23). As God dit vir sy kinders onder die ou verbond sou doen, dink hoeveel te meer Hy vir ons wat ‘in Christus’ onder ‘n beter verbond leef, sal doen. ‘…Jesus Christus…[is] Middelaar van ‘n voortrefliker verbond, ‘n verbond wat voortrefliker is omdat dit op voortrefliker beloftes berus’ (Hebreërs 8:6 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - glo God vir jou genesing.
29 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min