Woord vir Vandag - 22 Des 2026

Loading player...
“’n Mens sou medelye hê met ‘n vriend in nood...” Job 6:14 NLV
Bewys medelye
Dokter Pedro José Greer het ‘n legende in Miami, Florida, geword. Hy het in die finale jaar van sy mediese studies ‘n hawelose man met tuberkulose, ‘n siekte wat gewoonlik genees kan word maar wat tot ‘n noodlottige stadium by die man gevorder het, behandel. Greer was geskok dat iemand in sy eie buurt so arm en onkundig kon wees dat hy versuim het om mediese behandeling te soek. Terwyl die man sterwend gelê het, het Greer vier dae lank die strate op soek na die man se familie deurkruis, in die hoop dat die man nie alleen sou moes sterf nie. Greer het egter meer as dit gedoen. In plaas daarvan om homself net oor hierdie een geval te ontstel, het hy opgetree. Hy het ‘n kliniek by ‘n skuiling opgerig. Toe het hy uitgegaan en ander dokters gevind wat bereid was om saam met hom te werk. Uiteindelik het sy Camillus Health Concern een van die grootste verskaffers van mediese sorg vir die armes in Suid-Florida geword, wat duisende pasiënte elke jaar behandel. Greer het talle toekennings vir sy humanitêre pogings gewen, maar hy het nooit die man wat alleen gesterf het, vergeet nie. Sy werk het hom baie gekos, maar ‘Dokter Joe’ het homself as geseënd geag: ‘Ek het die voorreg om die siekes te behandel en die eer om met die armes te werk, gehad.’ Job het gesê: ‘Ek was soos oë vir die blindes, en voete vir dié wat verlam is. Ek was ‘n vader vir die armes en het gesorg dat die vreemdeling regverdig verhoor word’ (Job 29:15-16 NLV). Soek dus geleenthede om medelye aan diegene wat ly en in nood is, te betoon.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min