Woord vir Vandag - 23 Des 2026
Loading player...
“Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word…” Jesaja 55:12 NLV
Wanneer dit nie soos Kersfees ‘voel’ nie
Baie mense word in die Kerstyd deur spoke van Kersfees uit die verlede geteister. Pastoor Jack Hayford beskryf dit as volg: ‘Die Kerstyd is vir sommige mense ‘n geskenk waarin vervloë seer en teleurstellings kunstig toegedraai is.’ Die geskenkpapier verteenwoordig die deurmekaar oorblyfsel van ‘n man of vrou se privaat geskiedenis; die deurmekaar verpakking van Kersfees wat op ‘n ander tyd en plek verwoes is. Ongelukkig duur die impak voort en jaar na jaar versuur dit verder. Ek praat van mense wat een Kersfees hartseer ondervind het en die seisoen met daardie tranerige herinnering assosieer; mense wat uitgebrand oor familiestres rondom die vakansiedae word, sodat hierdie dae nou gevrees word in plaas daarvan om met vreugde afgewag te word. Mense wat moeg is vir die vleeslikheid van oppervlakkige geskenke wanneer dit nie deur opregte liefde gegee word nie, wat nou by die idee van Kersinkopies ineenkrimp. Ek kom vandag na julle toe met die volgende woord: Wees Vry! Konfronteer en verwerp daardie spoke van pyn in die verlede. Deur Jesus het die Kind Koning geword en die Seun Here geword. Weier om die Versoeker toe te laat om die Seisoen van Lig uit te doof. Die een wat die Kind van Betlehem wou vermoor, wil nou julle viering van sy koms bederf.’ Staan op God se belofte: ‘Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word…’ Aangaande Jesus se geboorte het Jesaja geskryf: ‘Vir ons is ‘n Seun gebore... Hy sal genoem word... Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring…’ (Jesaja 9:5-6 AFR83).