Woord vir Vandag - 24 Des 2026

Loading player...
“…Hy sal genoem word... Vredevors…” Jesaja 9:5 AFR83
Die geskenk van vrede
Een aand nadat hy ‘n solo genaamd ‘The Shepherds’ Song’ gesing het, het ‘n vreemdeling Ira Sankey, wat die musiek vir D. L. Moody se evangelisasieveldtogte geskryf het, genader en gevra of hy in die Unie se leër gedien het. Toe hy ja sê, het die man gevra: ‘Was jy op diens een maanverligte nag in die winter van 1860?’ Sankey het ja gesê, en die man het voortgegaan: ‘Ek ook. Ek was egter in die Konfederale Leër en toe ek jou sien, het ek besluit om jou dood te maak. Toe begin jy egter ‘The Shepherds' Song’ sing en ek het my vinger van die sneller afgehaal en gedink: ‘Ek sal hom laat klaar sing en dan sal ek hom skiet.’ Jy het egter soveel kinderherinneringe van my Godvresende moeder opgeroep, dit was vir my onmoontlik om dit deur te voer.’ Verbasend genoeg is sulke stories nie ongewoon nie. Een Kersfees gedurende die Eerste Wêreldoorlog terwyl Amerikaners en Duitsers in hul bunkers was, het iemand die bekende lied ‘O Little Town of Bethlehem’ begin sing. Onmiddellik het mans wat vroeër op mekaar geskiet het, in Duits en Engels saam begin sing: ‘O holy Child of Bethlehem, descend to us, we pray; cast out our sin, and enter in, be born in us today. We hear the Christmas angels, the great glad tidings tell; O come to us, abide with us, our Lord Emmanuel!’ Voor Jesus se geboorte het Jesaja geprofeteer dat sy naam ‘Vredevors’ sou wees. Waar Christus dus is, is daar vrede! Of dit nou ‘n skerpskutter is wat voorberei om ‘n vyand te skiet, of ‘n eggenoot wat beplan om in woede te ontplof, Jesus kan harte verander en vrede bring - mits ons Hom toelaat.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min