Woord vir Vandag - 25 Des 2026
Loading player...
“Die Verlosser… is vannag… gebore!” Lukas 2:11 NLV
Hoekom Jesus gekom het
Die Geboortekerk in Betlehem is glo die plek waar Jesus gebore is. Geleerdes is egter nie seker of dit wel die presiese plek is nie. Ons vier Kersfees op die vyf-en-twintigste Desember, maar baie geleerdes twyfel of dit die werklike datum van sy geboorte is. Wat die wonderwerk van die maagdelike geboorte betref, sê die Bybel eenvoudig: ‘En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees…’ (1 Timoteus 3:16 AFR53). Ons weet dalk nie hoe, of waar, of wanneer Jesus gebore is nie. Ons weet egter hoekom Hy gebore is. Toe die Fariseërs Jesus gekritiseer het omdat Hy saam met sondaars geëet het, het Hy gesê: ‘…Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie’ (Matteus 9:13 NLV). Toe Saggeus, wat ryk geword het deur mense te bedrieg, tot bekering gekom het, het Jesus verklaar: ‘Ek, die Seun van die Mens, het gekom om wat verlore is, te soek en te red’ (Lukas 19:10 NLV). Jesus het die nuwe geboorte as volg verduidelik: ‘God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom gered kan word’ (Johannes 3:17 NLV). Paulus het aan sy dae as aartsvyand van die evangelie gedink en geskryf: ‘…Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te red, en ek was die ergste van hulle almal… Dan sal ander besef dat hulle ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan ontvang’ (1 Timoteus 1:15-16 NLV). Die ware verhaal van Kersfees is: ‘n Ware Jesus het na ‘n ware wêreld gekom om ware sondaars te red, sodat ons ‘n ware verhouding met ‘n ware hemelse Vader wat ons werklik liefhet, kan hê.