Woord vir Vandag - 26 Des 2026
Loading player...
“…gebruik dit om mekaar met liefde te dien.” Galasiërs 5:13 NLV
Wees ‘n dienaar
Paulus het geskryf: ‘…julle is geroep om in vryheid te leef… gebruik dit om mekaar in liefde te dien. Die hele wet is saamgevat in een opdrag: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’’ (verse 13-14 NLV). As jy ‘n volgeling van Christus is, is die volgende Skrifgedeelte spesifiek vir jou: ‘Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange’ (Filippense 2:3-4 NLV). Die eerste kenmerk van diensbaarheid is die vermoë om ander bo jouself te stel. Dit vereis dat jy doelbewus mense se behoeftes probeer identifiseer en beskikbaar is om te help. Die ware hart van diensbaarheid is sekuriteit. Ware leiers sal die mense wat hulle lei meer liefhê as die posisies wat hulle beklee. Wanneer leiers optree asof hulle te belangrik is om af te buk en te dien, openbaar hulle hul basiese onsekerheid. Sommige van ons is bereid om in ‘n krisis te dien. Jy kan egter werklik die hart van iemand wat op die uitkyk is vir nood en begin help waar hulle kan, sien. Groot leiers sien die behoefte raak, gryp die geleentheid aan en dien sonder om iets terug te verwag. Diensbaarheid word nie deur manipulasie of selfbevordering gemotiveer nie; dit word deur liefde aangevuur. Uiteindelik hang die omvang van jou invloed van die diepte van jou besorgdheid oor ander af. Daarom is dit so belangrik dat jy bereid moet wees om te dien. Jou vriendelikheid kan ‘n groot, lewenslange impak maak. Daarom het Moeder Teresa gesê: ‘Laat niemand ooit na jou toe kom, sonder dat hulle beter daaraan toe is wanneer hulle vertrek nie.’