Woord vir Vandag - 27 Des 2026
Loading player...
“…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê.” Johannes 10:10 NV
Die gelukkigste mense op aarde
‘n Engelse koerant het een keer die volgende vraag aan sy lesers gestel: ‘Wie is die gelukkigste mense op aarde?’ Hierdie is as die vier wenantwoorde gekies: 1) ‘n Vakman of kunstenaar wat oor ‘n werk wat goed gedoen is, fluit. 2) ‘n Kind wat sandkastele bou. 3) ‘n Moeder wat, na ‘n besige dag, haar baba bad. 4) ‘n Dokter wat ‘n moeilike en gevaarlike operasie voltooi en iemand se lewe red. Let op dat geeneen van hierdie vier noodwendig miljoenêrs, leiers van nasies, bekendes of diegene wat hoë range bereik het, is nie. Ware vervulling in die lewe word in die verloop van normale daaglikse gebeure wat ‘n gevoel van prestasie en betekenis gee, gevind. Soos W. Beran Wolfe een keer gesê het: ‘As jy ‘n werklik gelukkige man wil waarneem, sal jy hom vind waar hy ‘n boot bou, ‘n simfonie skryf, sy seun grootmaak, dahlias in sy tuin kweek, of dinosourus-eiers in die Gobi-woestyn soek. Hy sal nie na geluk soek asof dit ‘n doel op sigself is nie. Hy sal bewus word dat hy in die verloop van vier-en-twintig besige ure van die dag, gelukkig is.’ Daar ontbreek egter een ding op Wolfe se lys: die belangrikste - Jesus! Hy het gesê: ‘…Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê.’ Om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê, beteken dat jy vergifnis, vrede, tevredenheid en vervulling in hierdie lewe vind. Wat die volgende lewe betref, die een wat ewig is en geen einde het nie? ‘…in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd’ (Psalm 16:11 NLV).