Woord vir Vandag - 28 Des 2026

Loading player...
“Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet…” 1 Johannes 4:16 NLV
‘Jesus loves me, this I know’
In 1962 het die Switserse teoloog dr. Karl Barth ‘n lesingtoer deur die Verenigde State onderneem. Barth word deur baie in die Protestantse tradisie as die grootste teoloog van die twintigste eeu beskou. Nadat Barth sy lesing by die Rockefeller-kapel gelewer het, het ‘n student hom gevra of hy sy hele lewenswerk in ‘n enkele sin kan opsom. Dit is nie ‘n maklike vraag vir iemand so produktief soos Barth nie. Sy Church Dogmatics is oor ‘n tydperk van vyf-en-dertig jaar geskryf. Die stel boeke van 8 000 bladsye en 13 volumes is ‘n biblioteek op sigself. Barth het op die vraag gereageer deur die woorde van ‘n liedjie aan te haal wat hy as kind geleer het: ‘Jesus loves me, this I know, for the Bible tells me so.’ Toe John Bruce, ‘n federale regter, op sy sterfbed was, het hy sy dogter opdrag gegee om ‘die boek’ te gaan haal. Soos Barth, is Bruce se lewe deur Jesus se liefde gedefinieer. Bruce het haar beveel om na die agtste hoofstuk van Romeine te blaai en dit aangehaal: ‘Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie’ (verse 38-39 NLV). Toe sy dogter die woorde vind, het John Bruce haar beveel om sy vinger daarop te sit en dit daar te hou. Hy is met sy vinger op daardie belofte oorlede. Wat ‘n manier om die hemel binne te gaan!
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min