
Mark Pekeur - inspirasie oor musiek, drome, geloof en die krag van jou eie stem
Loading player...
In vandag se Kopskuif episode, kom gesels ATKV-Crescendo-kunstenaar Mark Pekeur. Hy gesels oor sy liefde vir musiek, sy tyd in die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, die waardevolle mentorskap van ATKV-Crescendo en die mense wat hom as kunstenaar geïnspireer en gevorm het. Ons ontdek ook meer oor sy debuut-EP, Meer as jy – ’n besonder persoonlike versameling van vyf oorspronklike liedjies wat temas soos geloof, identiteit, gebrokenheid en selfontdekking aanraak.





