Kopskuif

Die geselsprogram, Kopskuif, in samewerking met die ATKV, gaan oor verskilmakers – mense wat kies om teenwoordig te wees in hul gemeenskap, wat kies om hul omstandighede te verander en nie toe te laat dat hul omstandighede húlle verander nie. Op Kopskuif hoor jy verhale van mense wat daagliks hoop bring. Die krag van taal, die waarde van kultuur en die onskatbare potensiaal van elke mens word beklemtoon. Die onwrikbare baken van ons gemeenskappe se krag en kreatiwiteit word gevier. Mag die stories van verskilmakers wat help om gemeenskappe te versterk en jong stemme bemagtig, elke luisteraar inspireer. Soos met alle ander programme op jou gunsteling- Christen-radiostasie, rus Kopskuif op ’n sterk fondament van die Woord van God.
Weekly Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family
3 Episodes

Kopskuif - 16 Mei 2026

Mercia Eksteen gesels vandag met Edwina Solomons: onderwyseres en ontvanger van die Kokertoekenning: Beste Onderwyser in 2025. Kom luister saam hoe sy ’n liefde vir Afrikaans by leerders kweek wat skaars ’n woord kan praat. Sy deel ook hoe sy trots en selfvertroue by haar leerders skep.
16 May 31 min

Kopskuif - 9 Mei 2026

Met die skerp toename in diagnoses soos ADHD, disleksie en ander soortgelyke toestande, word baie kinders – en selfs volwassenes – té vinnig as abnormaal geëtiketteer. Die werklikheid is egter dikwels veel meer bemoedigend – ons het nie te doen met abnormaliteit nie, maar eerder met gewone kinders en volwassenes…
9 May 51 min

Kopskuif - 2 Mei 2026

In vandag se Kopskuif episode, gesels Mercia Eksteen met Jacques Engelbrecht: 'n leierskapsafrigter en prosesfasiliteerder wat sy werk baseer op neurowetenskap en menslike ontwikkeling. Sedert sy ontdekking van die Enneagram in 2012 is hy ’n toegewyde student van gedrag en motivering. As mede-outeur van die transformerende boek, ‘Van Kettings tot…
2 May 39 min