Nina Strydom se pad na sukses

Loading player...
Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en ’n verskyning in die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, kon maak. Kom luister hoe Nina op Kopskuif gesels oor haar nuwe lewensfase, haar studies in bedryfsielkundeen die rol van Jessica in die nuwe kykNET-reeks Beter as Gister.
22 Aug Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Aviwe Ngabom - Akteur & Seremoniemeester

Vandag gesels Aviwe Ngabom op Kopskuif. Hierdie Suid-Afrikaanse akteur en seremoniemeester gesels oor sy dryfkrag, geleenthede en loopbaan. Verder deel bekende joernalis en skrywer, Elize Parker, 'n oomblik van refleksie.
29 Aug 42 min

Waarin lê die kern van die lewe?

“Waarin lê die kern van die lewe?” het die Griekse filosoof Aristoteles eenmaal gevra en sy eie vraag geantwoord met die woorde: “Om ander te dien en goed te doen.” Kom luister hoe Shireen Louw, voorsitter van die ATKV-jeugtak Drome Jeug in Parow gesels oor die verskil wat die tak…
15 Aug 39 min

Vroue in die Sakewêreld

Vandag gesels verskilmaker Tanya Liebenberg, besigheidsleier en voorsitter van die Johannesburgtak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue, oor hoe vroue in die sakewêreld bemagtig, verenig en ondersteun word.
8 Aug 25 min

Rol van Biblioteke in die gemeenskap

Sybil Lee, hoof van biblioteekdienste in die Overberg, Theewaterskloof, gesels oor die rol van biblioteke in die gemeenskap. Sy vertel ook oor die ATKV-EkkanLees-projek se bydraes tot leesbemagtiging.
1 Aug 34 min

Afrikaans en 'n liefde vir lees

Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels. As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se…
25 Jul 52 min