Nasionale skaapskeer-kampioenskap propvol opwinding

Loading player...
OFM-nuus se landbouredakteur, Sabrina Dean, was Saterdag by Bloemskou waar sy met Hendrik Botha, president van die SA Skaapskeer-federasie, gesels het tydens die finale dag van die nasionale kampioenskap. Botha vertel dat inskrywings vanjaar amper verdubbel het teenoor verlede jaar. Die kompetiesie was ook baie taai soos skeerders hul bes gedoen het met die hoop om ingesluit te word in die nasionale span wat volgende jaar in Nieu-Seeland aan die wêreld-kampioenskap gaan deelneem. Botha sê die spoedskeer-kompetisie van Vrydagaand was ook ongelooflik opwindend. Die bestes het ‘n hele skaap binne ongeveer 40 sekondes geskeer.
3 May 2016 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Yara Mila kan help daarmee!

Insetkostes is baie hoog en die kosteknyptang druk. Die groot vraag is hoe verseker produsente koste- en hulpbron effektiwiteit, wanneer dit kom by plantvoeding? Isabel van Tonder gesels met Petro Genede, Kommersiele bestuurder van Yara Suid-Afrika, in die noorde, om meer uit te vind van die Yara Mila produk.
8 Oct 11PM 3 min