
VS Kunstefees 2017 - 15 Jaar met Klavier en Kitaar - Jak de Priester
Loading player...
In 2017 is dit 15 jaar sedert Jak de Priester sy debuut met Sally Williams Nougat gemaak het. Sedertdien het hy agt albums, ’n kinderalbum en -DVD en twee boeke vrygestel, verskeie temawysies vir televisie geskryf en gesing en die gewilde TV-reeks Reis na Gister aangebied. Hierdie produksie is ’n viering van sy lang loopbaan met musiek van sy nuwe album, 15.