Before Dawn 21 Januarie Neville deel 2

Loading player...
Rooivleisprodusente in die Vrystaat het ook soos talle ander produsente in die land koppe bymekaar gesit om ‘n platform te vind, waarop hulle hul vee kan verhandel. Dit was veral nodig, omdat tradisionele veeveilings oor die land heen vir eers nie toegelaat word nie, weens die tydelike nasionale moratorium op die samekoms van diere met gesplete hoewe vanaf meer as twee bronne om versprei te word na nader bronne. Die moratorium is in plek weens die uitbreking van bek-en-klouseer laat verlede jaar in Limpopo. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat se vise-voorsitter, Neville Raath, sê betrokkenes in sekere gebiede in dié provinsie het met veilingshuise vergadering om ‘n oplossing te vind sodat diere volgens die vasgetelde raamwerk opgeveil kan word. Katalogus- en videoveilings was die aangewese platform. OFM-nu
20 Jan 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Probleemplante en die onkruid-oorlog kos boere jaarliks miljoene rande

Ons vind meer uit oor probleemplante en die onkruid-oorlog wat op menige plaasgrond woed. Isabel van Tonder gesels met Prof Charlie Reinhardt, voormalige hoof van die Departement Plantproduksie en grondkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hulle gesels oor nagblom soorte en ook die Palmer amarant, beter bekend as marog.
9 Feb 10PM 11 min