Before Dawn 28 Januarie Annelie Lotriet

Loading player...
Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die bedrag vir vergoeding, wanneer grond onteien word, by die uitvoerende gesag berus, wek groot kommer, maar die howe kan nie heeltemal uit dié proses verwyder word nie. LP en voorsitter van die DA se parlementêre koukus, Annelie Lotriet, sê dit is steeds problematies, al voer Mathole Motshekga, die voorsitter van die parlementêre ad-hoc komitee wat gemoeid is met die grondwetwysiging wat voorsiening vir onteiening van eiendom sonder vergoeding maak, aan dat die howe later sake op hersiening kan neem. Volgens haar gaan eienaars reeds dan van hul grond ontneem wees. Sy sê die DA neem nie die ANC se voorstel ligtelik op nie, want eiendomsreg is die kern van ‘n demokrasie. Daarmee saam kan die besluit vir die vergoedingsbedrag vir onteiende grond nie aan die regering en die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, of enige ander minster oorgelaat word nie.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Lotriet gepraat…
27 Jan 2020 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Probleemplante en die onkruid-oorlog kos boere jaarliks miljoene rande

Ons vind meer uit oor probleemplante en die onkruid-oorlog wat op menige plaasgrond woed. Isabel van Tonder gesels met Prof Charlie Reinhardt, voormalige hoof van die Departement Plantproduksie en grondkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hulle gesels oor nagblom soorte en ook die Palmer amarant, beter bekend as marog.
9 Feb 10PM 11 min