Luister: Wiele2Wiele oor Lambo se Hurucán Evo en Urus

Loading player...
Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan die klanke van Lamborghini se Huracán Evo en Urus Super Sportnuts jou laat glimlag. Suzuki SA laat nie toe dat ‘n virus hulle moed breek nie en gaan digitaal met die bekendstelling van die nuwe S-presso. Die span vertel jou wat gebeur as jy sonder diesel gaan staan en is breëbors trots oor Taye Perry wat die manne ‘n ding of twee gewys het by die Sonora Rally in Mexiko.
24 Mar 2020 Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele: Kia se Carnival opgekikker

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel MG sy nuwe ZS Pro bekend - ’n kompakte familie-voertuig. Leapmotor, deel van die Stellantis-groep, bring ook sy nuwe C10 REEV na die plaaslike mark. Die opgegradeerde sewesitplek Kia Carnival het die span behoorlik aan die gons. Daar word gesels met Taki…
23 Oct 26 min

Wiele2Wiele: Nuwe Transporter, Triber en XC90 bekendgestel

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie bekendstellings - die Volkswagen Transporter, Renault se Triber en die Volvo XC90. Daar is weer ’n tegniese wenk: moet jy in neutraal of in rat ry vir brandstofbesparing? Hulle bring ook vir jou al die jongste 2Wiele-nuus.
17 Oct 25 min

Wiele2Wiele ry inprop-hibried Velar

Hierdie week vir Wiele2Wiele ry hulle met Range Rover se inprop-hibried Velar, die Opel Grandland en hulle bring ook tyd met die Volkswagen Tayron deur. Motul gee raad oor gedokterde diesel en die span deel die jongste nuus uit die motorfietswêreld.
9 Oct 25 min

Wiele2Wiele: Heeltyd speeltyd met Mini en BMW

Hierdie week vir Wiele2Wiele is dit heeltyd speeltyd met die Mini Cooper JCW en BMW se M135. Hulle gesels oor al die goed wat jy in jou motor doen wanneer jy in verkeer vassit. Daar word ook oor Marc Márguez, wat pas as die 2025 MotoGP-kampioen gekroon is, gesels en…
2 Oct 26 min

Wiele2Wiele ry met twee BMW’s

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf  bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika.  Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets.
26 Sep 25 min