Veilingshuis pas streng veilingheidsmaatreëls toe op lewende hawe veilings

Loading player...
Die afslaershuis, André Kock en Seun in die Vrystaat, gee sy versekering dat alle veiligheidsregulasies soos deur die regering vereis word, by sy weeklikse veilings van lewende hawe in Kroonstad, toegepas word. Veilings van lewende hawe kan voortgaan tydens die nasionale inperking weens die koronavirus, want dit is deel van die landboubedryf, wat deur die regering as 'n essensiële diens geklassifiseer word. Die nodige higiëne is van groot belang, 'n veilige afstand moet gehandhaaf word en daar mag nie meer as 'n honderd mense by 'n veiling byeen wees nie. Willie Wille, eienaar, van dié veilingshuis in die provinsie, sê, daar is op 24 Maart 'n veiling by hul veilingskraal in Kroonstad gehou en 'n boer, wat later positief getoets het vir die Covid-19-virus, het die veiling bygewoon. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...
5 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Toyota SA is betrokke by die Jongboer van die jaar kompetisie

Toyota SA was die hoofborg tydens die onlangse aanwysing van die Jongboer van die Jaar kompetisie. Isabel van Tonder gesels met Riaan Esterhuizen,Senior bestuurder: Korporatiewe sake by Toyota SA, oor hoekom hulle betrokke geraak het by dié kompetisie.
1 Dec 10PM 3 min