APAC: SA is selversorgend - daar is genoeg kos

Loading player...
Suid Afrika is selfversorgend in voedselproduksie en verskaffing van kos. Daarmee saam sien die groote gedeelte van die land se graanoes, wat nog gestroop moet word, asook die land se sitrusoes, goed daarna uit. Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, wat meen daar sal genoeg kos plaaslik beskikbaar wees, in die uitdagene tydperk met die nasionale inperking van 21 dae, weens die uitbreking van die koronavirus, wat goed op dreef is. Hoewel die regering dit nie amptelik bevestig het nie, meen kenners dié nasionale inperkingstydperk kan verleng word. Knowles sê hy glo vas daar sal nie 'n tekort aan kos wees nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
5 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min