Kroonstadse lewende hawe veiling vind wel plaas na, onsekerheid

Loading player...
Die weeklikse lewende hawe veiling in Kroonstad in die Vrystaatgaan vandag voort. Dit kom nadat daar verwarring was oor of dié veiling, wat deur die afslaershuis, André Kock en Seun weekliks op 'n Dinsdag aangebied word, moet voortgaan, nadat 'n boer op 24 Maart vlugtig dié veiling bygewoon het voordat hy postief vir die koronavirus getoets het. Hennie Wille, 'n afslaer en eienaar van dié veilingshuis in die provinsie, sê daar was onsekerheid oor of die veiling deel van die voedselwaardeketting is en as 'n essensiële diens beskou word is. Die regering se Covid-19-protokol bepaal egter dat veilings van lewende hawe, onder streng voorwaardes kan geskied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wille gepraat...
6 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min