Mieliediefstal vanaf landerye in die Vrystaat neem tydens grendeltydperk kommerwekkend toe

Loading player...
Verskeie betrokkenes in die landboubedryf is bekommerd oor die toename in diefstal, wat tydense die nasionale grendeltydperk, weens die Covid-19-pandemie, op plase nou vinnig toeneem. Veediefstal asoos die diefstal van plaasprodukte is 'n groot kopseer vir boere. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee en vise-president van Vrystaat Landbou (VL), sê die diefstal van mielies vanaf landerye is nou 'n reuse probleem in die Vrystaat. Daar word nou 'n opname gedoen rondom dié vorm van diefstal, sodat die omvang daarvan bepaal kan word en besluite geneem kan word om drastiese stappe in dié verband te neem. Esterhuyse sê Agri SA is ook in die proses om 'n opname te doen in al die provinsies oor die land heen om vas te stel wat die uitwerking van veediefstal en die diefstal van landbouprodukte op plase is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
21 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min