Suid-Afrikaanse wilboerderye kan nie met praktyke in Ooste vergelyk word

Loading player...
Wilbedryf SA verwerp die EMS-stigting se versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering om in die lig van die koronavirus, 'n verbod op die plaaslike verbruik van wildsvleis, te plaas. Dié stigting, wat onlangs prokureursbriewe aan betrokke regeringsdepartement gerig het, voer glo aan dié virussiekte kan van wild oorgedra word. Wiaan van der Linde , vise-president van Wildbedryf SA, sê die EMS-stigting, se versoeke is ongegrond, want die situasie rondom die slagting en eet van wilde diere op sogenaamde "nat markte" in die Ooste is nie gelyk aan boerderypraktyke in Suid-Afrika nie. Hy sê daar is 'n agenda agter dié stigting se versoeke. Dié stigting is 'n onganisasie sonder winsbejag wat hom toespits op die welsyn van onder meer wilde diere... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van der Linde gepraat...
26 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min