Saai vra regeringsdepartemente om vervoerregulasies uit te pluis

Loading player...
Saai, 'n organisasie wat die belange van familieboere verteenwoordig, het 'n beroep gedoen op verskeie regeringsdepartement om hul standpunte te belyn en op grondvlak aan die polisie en die weermag oor te dra. Die beroep is in die lig van die landboubedryf en dié waardeketting, wat nie doeltreffend tydens die Covid-19-inperkingstydperk, funksioneer nie. Dit kom nadat Saai oorval is met oproepe van gefrustreerde familieboere, wat verhoed is om verder te reis, nadat hulle by padversperrings voorgekeur is. Owerhede voer dan aan boere beskik nie oor sertifikate van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC), nie. Dié sertifikate klassifiseer boere as noodsaaklike diensverskaffers. Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, sê dit is een van die knelpunte, wat familieboere, nou in die gesig staar... OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
27 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min