Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Loading player...
Hy bespreek moontlike ekonomiese tendese wat kan volg na die grendeltydperk en meen namate die Covid-19-regulasies in werking tree om grendeltydperk te optimaliseer, is daar uiteenlopende reaksies. Daar is mense wat in opstand is oor hoe noodleniging toegepas word en die poging van regerings om mikrobestuur toe te pas. Enersyds het so ‘n bestuursbenadering meriete, omdat dit die oningeligtes doeltreffend in bedwang probeer hou. Hy meen ‘n honger mense word nie gevoed met demokratiese besluitneming nie, en lang rye kossoekendes sal hulle tot geweld wend as daar nie vinnig uitkoms is nie. Andersyds probeer die regering die stelsel skoon hou van die gieriges wat skaamteloos op verligting aan armes teer. Dit vra fyn voetwerk en daar is ongelukkig duidelike bewyse van ‘n gebrek aan die nodige vlugvoetigheid.
6 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min