Safex Verslag - 20 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in die VSA is 80% van die seisoen se mielies reeds aangeplant. · Die 80% mielie-aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 44% en die 5 jaar gemiddeld van 71% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R2/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 493/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R4/ton laer verhandel om teen R2 626/ton te sluit. Sojabone: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in die VSA is 53% van die seisoen se sojabone reeds aangeplant. · Die 53% sojaboon-aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 16% en die 5 jaar gemiddeld van 38% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R30/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 540/ton te sluit. Koring: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag in die VSA is 52% van die winterkoring in ʼn goeie tot uitstekende toestand. · Die 52% winterkoring wat in ʼn goeie tot uitstekende toestand is, is 1% swakker as die vorige week se toestande en aansienlik swakker as verlede seisoen se 66% wat in ʼn goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R10/ton laer verhandel om teen R5 620/ton te sluit.
19 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Somertyd is sinoniem met slangtyd!

Isabel van Tonder gesels met Johan Marais, hoof van die Afrika slangbyt instituut oor slange, behandeling, voorkoming van byte en boererate.
25 Nov 10PM 16 min