Vryheidsfront Plus sien rooi oor regering se #Covid19-regulasies

Loading player...
Die regering het die uitreiking van die Covid-19-inperkingsregulasies uiters swak hanteer. Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê dit het duidelik na vore getree tydens dié proses. Arbitrêre besluite is deur die regering geneem, wat nie prakties uitvoerbaar is nie. Hy sê boere het onder meer gekla dat hulle nie van hul produkte van een provinsie na die ander mag vervoer nie. Hulle is deur die polisie en weermag by padversperrings verhoed om dit te doen. Groenewald sê dít terwyl landbou uit die staanspoor van die inperking as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer is en daar met die meeste landboubedrywighede voortgegaan kon word.
9 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min