#OFMKunsteklop - Marion Holm oor grendeltyd en haar eerste aanlynvertoning

Loading player...
18 Junie - Aanlyn: BACKSTAGE MET MARION. Opgeneem by Die Boer.
Kaartjies by @Webtickets
https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502277448
Het jy al ooit gewens Marion kan na 'n vertoning net bietjie met jou kuier en nog 'n paar stories vertel? Wel, in BACKSTAGE MET MARION is dit presies wat sy doen. Sy neem die alledaagse waarteen elkeen van ons daagliks kopstamp en maak dit haar eie op ’n manier wat die gehoor laat skaterlag. Marion is 'n bobaas storieverteller en so 'n fyn waarnemer dat sy ons met empatie na die wereld laat kyk en in haar mond gele, is dit skreeusnaaks. Ek gesels met haar oor grendeltyd en haar eerste aanlyn vertoning, ooit!
12 Jun 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Vrystaat Kunstefees 2026: Huis van Sand & Leefbaar

Yolanda Maartens gesels met Jefferson J. Dirks-Korkee oor sy 2 vertonings by die Vrystaat Kunstefees die jaar. Huis van Sand vertel van Babs en Sandy wat leef op die leftovers van hul verlede. Hul klein karavaan is ’n pondokpaleis vol geheime – hul eie sandkasteel. Sandy het haar swerwersbestaan langs…
11 Jun 5 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Jou Ma Se Platespeler

Yolanda Maartens gesels met Kristo Zondagh oor 'Jou Ma se Platespeler' wat die jaar by die Vrystaat Kunstefees te sien gaan wees. In Jou Ma Se Platespeler kyk ons na Afrikaanse musiek deur die oë van die nederige platespeler, teen die agtergrond van veranderende musiektegnologie en die veranderinge in ons…
11 Jun 4 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Brakanjan

Yolanda Maartens gesels met Danielle Retief en Rowlen von Gericke oor die Vrystaat Kunstefees se Brakanjan. Brakanjan is terug! Die verhaal van die dapper hond wat ‘n musketier wil word, is ‘n klassieke storie van avontuur, swaardgevegte en vriendskap. Kom volg Brakanjan se reis na Parys waar hy die koningin…
11 Jun 4 min

Vrystaat Kunstefees 2026: A girl called Owl

Yolanda Maartens gesels met Larissa Crafford-Lazarus Wanneer Olivia na ’n klein dorpie in die Overberg verhuis, trek haar stil nuuskierigheid ’n ondeunde vriendin aan: Kay, die meisie met die litteken, wat haar die bynaam “Uil” gee. A Girl Called Owl is ’n onverskrokke grootwordverhaal oor verlore onskuld, onderdrukte kreatiwiteit en…
11 Jun 8 min

Vrystaat Kunstefees 2026: Mme We

Yolanda Maartens gesels met Sibahle Mabaso gedurende die Kunsteklop. MME WE! is ’n aangrypende en intieme teaterwerk wat delf in die kompleksiteite van ’n moeder-dogter-verhouding soos gevorm deur stilte, veerkragtigheid en generasie-verlange. Dit speel af in die intieme ruimte van ’n gesinshuis. Die produksie ontvou deur ’n ryk wisselwerking van…
9 Jun 5 min