#OFMKunsteklop: OPTOG stel e-biblioteek met virtuele konserte bekend

Loading player...
Die reuse belangstelling in vermaak en verligting het gelei tot die geboorte van OPTOG! se nuutste projek: ’n e-biblioteek. Hierdie platform maak toneel- en musiekproduksies op die langduur aan nasionale, sowel as internasionale gehore beskikbaar. Die eerste drie konserte (twee Nataniël e-kuiers en ’n Drie van die Bestes-konsert) is reeds beskikbaar, maar die biblioteek sal voortaan weekliks konserte ryker word.
Kry toegang tot die nuwe (en binnekort uitgebreide) e-biblioteek deur www.optog.co.za te besoek.
Alle konserte is teen slegs R50 beskikbaar en kan enige tyd, enige plek gekoop en gekyk word.
Vir meer inligting oor die nuutste projekte en toevoegings tot die e-biblioteek hou gerus OPTOG! se sosiale media-blaaie dop.
18 Jun 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Van Potchefstroom na Londen, Jonel Scholtz se kuns op 'n wêreldverhoog

Jonel Scholtz het in 1988 begin skilder terwyl sy op hoërskool was, saam met Louise Goudemond, 'n Amerikaanse kunstenaar wat spesialiseer in figuurlike werk en olieportrette. In 2025 het haar kuns haar weer eens 'n wêreldwye platform gegee. Jonel is gekies om haar kuns in te sluit in "Routines", 'n…
18 Aug 6 min