#OFMKunsteklop: OPTOG stel e-biblioteek met virtuele konserte bekend

Loading player...
Die reuse belangstelling in vermaak en verligting het gelei tot die geboorte van OPTOG! se nuutste projek: ’n e-biblioteek. Hierdie platform maak toneel- en musiekproduksies op die langduur aan nasionale, sowel as internasionale gehore beskikbaar. Die eerste drie konserte (twee Nataniël e-kuiers en ’n Drie van die Bestes-konsert) is reeds beskikbaar, maar die biblioteek sal voortaan weekliks konserte ryker word.
Kry toegang tot die nuwe (en binnekort uitgebreide) e-biblioteek deur www.optog.co.za te besoek.
Alle konserte is teen slegs R50 beskikbaar en kan enige tyd, enige plek gekoop en gekyk word.
Vir meer inligting oor die nuutste projekte en toevoegings tot die e-biblioteek hou gerus OPTOG! se sosiale media-blaaie dop.
18 Jun 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min