Dieseltekorte knou landboubedryf en ander bedrywe

Loading player...
Die tekort aan dieselvoorraad in die sentrale binneland knou nie slegs boere in Noordwes nie, maar delwers en ander bedrywe word ook nou geraak. Hugo Viljoen, 'n saai- en veeboer, wat boonop delf, sê boere, en delwers in die Schweizer -Reineke gebied in Noordwes, kan nie voortgaan met hul onderskeie bedrywighede nie. Viljoen het reeds sy dieselreserwes uitgeput. Hy het aan OFM-nuus se bestuurder van nuus, Cathy Dlodlo, gesê die laaste twee tot drie weke sukkel mense in verskeie bedrywe in dié distrik om produktief te wees, te midde van die tekort aan dieselvoorraad.
23 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min