#Plaasaanvalle: Doen die noodsaaklikste eerste met aankoms op toneel

Loading player...
Dit is te verstane dat daar gedagtes van wraak is, deur talle wat op tonele van plaasaanvalle kom. Frans du Toit, seun van die 82-jarige Janetta en die broer van Wimpie du Toit, wat op hul plaas Lovedale by Petrusburg aangerand, vasgebind en beroof is, sê egter weens sy weermagopleiding het hy geweet hy moet eerste aandag skenk aan die beseerde mense. Daarna moet die toneel beveilig word. Dan eers kan daar gelet word op die soektog na die aanvallers, maar dit bly steeds 'n sekondêre aspek. Du Toit,wat blitsvinnig op die toneel was, nadat sy ma en broer deur drie mans aangeval is, is vol lof vir sy mede-boere en die goed gevestige veiligheidstruktuur wat in plek is in dié distrik. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat oor dié aanval Vrydagaand omstreeks 19:00....
30 Jun 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min