Herroeping van droogte as 'n ramp wek talle vrae

Loading player...
TLU SA bevraagteken die regering se nasionale rampbestuursentrum se besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep. Verskeie landbou-organisasies het hulle sterk daarteen uitgespreek. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, wil weet waarop die regering sy besluit geskoei het, terwyl daar nog talle gebiede in die land is wat deur droogtetoestande geraak word. Hy sê tydens dié ramptydperk het kommersiële boere geen hulp ontvang nie. Dít terwyl die regering nou alles in die stryd moet werp om dié kosprodusente in produksie te hou. OFM-nuus se Christal-lize Muller het met hom gepraat...
21 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min