#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders

Loading player...
Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders
Is jy een van hulle? Stuur vir ons voorbeelde van jou werk en kry internasionale erkenning!
· Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat al drie saam ʼn storie vertel (dit kan ‘n bestaande storie wees of jou eie). Sluit die teks in wat by elke illustrasie hoort en gee ook ‘n kort opsomming van die hele storie in hoogstens 250 woorde. Stuur dit as ‘n Word-dokument.
· Dit mag nie voorheen gepubliseerde illustrasies wees nie.
· Enige medium en tegniek mag gebruik word.
· Jy mag alleen deelneem indien jy nog nie ‘n volledige prenteboek deur ‘n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel deelneem indien jy slegs reeds opvoedkundige boeke geïllustreer het of jou werk opgeneem is in ander kontekste as prenteboeke; byvoorbeeld bundels, boekomslae en volwasse fiksie.
· Illustreerders van lande buite die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag wel deelneem deur hul bydraes te laai op die werf van enige van die organiserende lande. Die tekste moet in daardie geval in Engels wees.
Laai voor 10 Augustus 2020 jou illustrasie en bygaande teks − wat saam ʼn verhaal vertel − op. As jy die eerste digitale keuring slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur.
ʼn Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslag sal in Augustus 2020 bekendgemaak word op www.wwpbic.com. Wenners sal ook per e-pos ingelig word.
Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ʼn reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ʼn internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2020 − ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te kry.
22 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

English and African heritage makes the Basotho blanket art you can wear

Stefan Hundt, Curator of the Sanlam Art Collection, says this is a memorable exhibition that celebrates the rich history and heritage of Basotho blankets and the shared stories they represent. Showcasing the unique and engaging designs of traditional and contemporary Basotho Blankets, the exhibition, ‘Sutha Ke Fete’, runs until 16…
22 Oct 6 min

Free State Youth Orchestra ready to soar under conductor Dingaan Chabalala

An afternoon of Tchaikovsky, Marquina, Barber, Zimmer and Buble promises to showcase the talents of the youth involved with the Free State Symphony Orchestra in Bloemfontein. Conductor Dingaan Chabalala and two violinists, Lehlohonolo Sefuli and Thabiso Majoe, join Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about the programme…
20 Oct 5 min

The 11th annual Dance Pages presented in Kimberley in October

Dance Pages is a flagship dance festival held annually in Kimberley in the Northern Cape. It's dedication to the arts and community development has made a significant impact on the lives of many young dancers and choreographers across the region. The festival was founded to create a performance and experiential…
14 Oct 4 min