#OFMKunsteklop - Van Broadway na Birdstraat: 'n Eerste vir aanlyn vermaak

Loading player...
Neem daai geel baksteenpad tot in New York se 42ste Straat, waar akteurs aan lamppale hang en in die reën sing terwyl hulle Fosse dat die biesies bewe. Van Hamilton tot by Hairspray, Dreamgirls, Waitress, Chicago, Les Misérables, West Side Story en Dear Evan Hansen – met volle kostuums, groot dansnommers en dáárdie solo’s wat jou lelik laat huil, bring hierdie geselskap van 28 sanger-danser-akteurs jou al ons gunstelingliedjies van die mees ikoniese musicals – al die pad van Broadway na Stellenbosch. Ek gesels met Pedro Kruger oor die unieke vertoning.

Vervaardig deur Curro Create in samewerking met Wordsmith’s Theatre Factory
Hennie van Greunen en Pedro Kruger Regisseurs en samestellers
Melissa van der Spuy Musiekregie en musiek
Kobus Rossouw Beligtingsontwerp en tegniese bestuur
Marcel Bezuidenhout Klankontwerp
Howard Fyvie Oudiovisuele ontwerp
Rouvé Hattingh Kostuums
Trudy Fredericks en Lee Piedt Choreografie
Aangebied deur Curro Create – A Curro Initiative
Met: Corlea Botha, Germandt Geldenhuys, Timothy Moloi, André Terblanché, Lynelle Kenned, met 23 Curro Create-sangers/-dansers

Skakel vir kaartjies:
https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502489717
23 Jul 2020 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

70ste bestaansjaar van NWU PUK-Koor word met sang en geselligheid gevier

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier. Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent. Hy sluit by Yolanda Maartens aan…
16 Apr 3 min

Nostalgie met André Schwartz se ‘Gesigte’ tydens Clarens Kunstefees

Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het ...vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. André Schwartz kuier heerlik in die OFM Kunsteklop saam met Yolanda Maartens om te vertel oor sy produksie by vanjaar se Clarens kunstefees wat plaasvind vanaf 1 – 4 Mei 2025. Kaartjies…
14 Apr 4 min

Viool en klavier sorg vir romantiese liedere op Odeion verhoog

Op 24 April bied die Odeion in Bloemfontein ‘Timeless Romantic Songs’ aan met Piet Koornhof op viool en Nicol Viljoen op klavier. Hierdie konsert bestaan uit 'n keur van tydlose romantiese liedjies wat vir viool en klavier verwerk is. Die gesofistikeerde keuse sluit romantiese melodieë in wat wissel van nostalgies…
7 Apr 4 min

Hannalie Taute solo-uitstalling: ‘n hergeboorte van nostalgie

Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein, bied met trots “Euphoria … in sy Gloria”, Hannalie Taute se 21ste solo-uitstalling, aan. Die 19 multi-media kunswerke beeld haar herstiksel van historiese narratiewe uit tot 'n fantastiese nuwe hergeboorte van die sprokiestroumitologie. Die uitstalling is 'n viering van tye wat kom en het ten doel…
2 Apr 4 min