
#OFMKunsteklop - Ondersteun die Tribuo Fonds om die kunste te help oorleef
Loading player...
Die OFM Kunsteklop gesels met Pedro Kruger oor die Tribuo Fonds wat in 2020 gestig is. Die produksie van Broadway na Birdstraat het besluit om 10% van kaartjie verkope aan die fonds te skenk. Doelstelling - Om finansiële ondersteuning te bied aan kunstenaars en ander medewerkers in die kreatiewe bedryf wat tans geen, of beperkte inkomste het, as gevolg van die COVID-19 inperkings. Visie - Dat praktiserende Suid-Afrikaanse uitvoerende kunstenaars en lede van verwante bedrywe finansiële ondersteuning verkry om hulle deur die COVID-19 pandemie en die nagevolge daarvan te help. Missie - Om fondse in te samel vir die oprigting en instandhouding van ’n hulpfonds vir onafhanklike uitvoerende kunstenaars, kreatiewe medewerkers en tegniese ondersteuningspersoneel in Suid-Afrika. Vir meer besonderhede besoek https://www.tribuo.co.za/tribuo-fonds/