Agri Noord-Kaap veroordeel Hartswater-moord

Loading player...
Agri Noord-Kaap veroordeel die aanval op 'n afgetrede bejaarde egpaar, Danie en Breggie Brand en hul dogter Elzabie, wat aangeval, ontvoer en vermoor is in die Magogong-gebied in die Noord-Kaap ten sterkste. Joe Scholtz, voorsitter van dié organisasie se komitee vir landelike veiligheid, sê hulle is baie ongelukkig dat 'n voorval van dié aard in hul midde plaasgevind het. Dít veral in die Noord-Kaap wat tradisioneel 'n gebied is waar ernstige misdrywe minder as in die res van die land voorkom. Hy sê Agri Noord-Kaap spreek sy innige medelye uit teenoor die Brand-familie en die gesinslede se vriende asook die gemeenskap. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het gistermiddag met hom gepraat...
28 Jul 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min