
Luister: Wiele2Wiele gesels oor BMW, Toyota se Corolla en Brad Binder
Loading player...
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor BMW se M340i X-drive – die enigste sessilinder in die BMW 3-reeks en gaan ry ook met die vars en moderne nuwe Toyota Corolla Sedan. Hulle glimlag oor tweeslag-enjins wat op pad terug is en staan breëbors trots oor die Suid-Afrikaner Brad Binder wat geskiedenis gemaak het nadat hy die MotoGP-ren met sy KTM-motorfiets gewen het.