Potchefstroom-boere ruk op in groot getalle om wegholbrande te bestry

Loading player...
Verskeie wegholveldbrande in die Potchefstroom-distrik het sedert die naweek verwoesting gesaai. Dr. Kobus Roux, voorsitter van dié distrik se brandbestrydingsvereniging, sê daar was drie groot brande wat Saterdag ontstaan het en na kleiner brande gelei het. Hy sê die totale omvang van die skade is in die stadium nog onbekend, maar daar het bykans 2000 hektaar grasveld in die slag gebly. Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Sover bekend was daar ook nie reuse veeverliese nie. Roux sê boere en hul plaaswerkers het goed saamgewerk en spanne van Working on Fire het ook hul kant gebring. Brande in die New Machavie-gebied en by die Vredefort-koepel is Maandag eers geblus. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Roux gepraat... ​
18 Aug 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min