Dit is nou 'n goeie tyd om in landbou te wees, meen politieke ontleder

Loading player...
Die Covid-19-pandemie was in 'n sin goed vir die landboubedryf, veral omdat daar 'n bestaande vooroordeel is deur baie mense teenoor dié bedryf en boere. 'n Politieke-ontleder, Max du Preez, meen dié vooroordeel is tydens die nasionale grendelstaat weens dié pandemie in 'n mate afgebreek, omdat landou dié bedryf was wat die ekonomie aan die gang gehou en kos geproduseer het. Hy sê die prys van kos het nie in dié tydperk 'n skerp styging getoon nie. Graanoeste is goed, en nie baie werksgeleenthede het verlore gegaan nie. Daarom was landbou 'n baken van stabiliteit en voortuitgang in dié tydperk, hoewel van die landboubedrywe soos die wynbedryf, swaargetrek het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Preez gepaar.
8 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min