Grondbestuur is noodsaaklik deur middel van grondopnames, sê kenner

Loading player...
Grondbestuur op plase deur middel van die gebruik van grondopnames is noodsaaklik vir produsente. Johan van Tol, van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement van grondopname en klimaat, sê in dié verband is dit egter belangrik om te let op die feit dat grondtipes asook die eienskappe daarvan verskil van mekaar. Dit is juis daarom dat landbougrond verskillend bestuur moet word en dit is waar die belang van 'n grondopname inkom. In grondopnames word grond geklassifiseer en die tipes grondklassifikasies vorm dan die basis vir bestuurseenhede. Van Tol sê dié eenhede is die grondslag vir presisie-boerderypraktyke. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
9 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min