Agri-Uur: 14 September, Fred Camphor

Loading player...
Ou vuurwapenlisensies, wat nog in die vorm van ‘n groen kaartjie uitgereik is, mag dalk ongeldig verklaar word. Dit kom nadat ‘n brief, wat deur die staatsprokureur aan die Raad van SA Jagters uitgereik is, dit uiteensit dat hulle van plan is om die hofinterdik van Junie 2009, wat die ou groen vuurwapenlisensies geldig verklaar het, te herroep. Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê die raad het hierdie herroeping verwag en het reeds hul lede vooraf gewaarsku om die ou lisensies te vervang deur aansoek te doen vir die nuwe vuurwapenlisensies. Camphor sê die staatsprokureur voer aan dat diegene wat in besit is van dié ou lisensies, genoeg tyd gehad het om hierdie lisensies te hernu, gegewe die feit dat daar reeds drie amnestietydperke verstryk het. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Camphor gepraat oor die huidige amnestietydperk, waarvan daar ongeveer 100 werksdae oor is.
13 Sep 2020 7AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min