#AgriSA: Die fokus moet nou op landelike veiligheid wees

Loading player...
Woede uitbarstings of neerhalende opmerkings deur die minister van polisie, Bheki Cele, word nie deur Agri SA, goedgekeur nie. Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by dié organisasie se Sentrum van Uitnemendheid, sê dit is hartseer dat 'n gesprekvoering, wat veronderstel was om konstruktief tussen die landbougemeenskap van Normandien in KwaZulu-Natal en Cele te wees, nou in 'n openbare uitval ontaard het. Dit kom nadat Cele verlede Maandag op 'n imbizo in dié gebied uitgevaar het teen Roland Collyer, voorsitter van die Normandien-landbouvereniging. Die Sondagkoerant Rapport berig, Collyer het onder meer die situasie uitgelig rondom eisers van verblyfreg, wie se beeste op boere in dié gebied se grond wei. Cele het hom daarna van arrogansie en 'n gebrek aan respek beskuldig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat.
28 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min