Stoetkuddes blink uit op eerbewysgeleentheid

Loading player...
Standard Bank en SA Stamboek se Elite-eerbewysgeleentheid was vanjaar van hoogstaande gehalte al is dit virtueel aangebied. Dr. Japie van der Westhuizen, algemene bestuurder van SA Stamboek, sê dié geleentheid, wat vanjaar tydens die Bloemskou in April sou plaasvind, maar weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls gekanselleer is, word gekenmerk deur verskeie eerbewyse. Hy sê dit het ten doel om erkenning te gee aan die land se top-stoetkuddes. Van der Westhuizen meen dié telers met hul onderskeie kuddes wat genomineer is, en van SA Stamboek se dienste gebruik maak is beslis die room van die bedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
29 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min