Onwettige jag met honde op plase word nou aangespreek

Loading player...
Die gebruik van honde om vee en wild op plase onwettig te jag word nou aangespreek. Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê daar word vordering gemaak om dié misdryf te bekamp. Daarmee saam is Esterhuyse ook positief oor vordering wat gemaak word in terme van die instelling van die hersiende nasionale landelike beveiligingsstrategie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat.
29 Sep 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min