Agri-Uur 9 Oktober Vrystaat Landbou

Loading player...
Vrystaat Landbou (VL) is vol hoop dat daar begrip sal wees by wetstoepassers rakende emosies wat in hierdie stadium hoog loop onder boere. Dit is volgens Francois Wilken, president van dié organisasie, in reaksie op die inhegtenisneming van André Pienaar, wat in Marquard boer, maar in Senekal bly, weens sy beweerde betrokkenheid by gebeure in dié dorp, toe 'n groep mense die hofgebou Dinsdag bestorm het. Dit was nadat twee verdagtes in verband met die grumoord op Brendin Horner, 'n plaasbestuurder van Paul Roux, in die hof verskyn het. Pienaar word van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweldpleging aangekla. 'n Polisievangwa is ook buite die hofgebou omgekeer deur mense en dit was later in ligte laaie. Skote is ook afgevuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Wilken gepraat...
9 Oct 2020 1AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min