Agri-Uur 13 Oktober Tommie Esterhuyse

Loading player...
Landelike veiligheidbevelsentrums sal nou oor die land gevestig word. Dit is van die ingrypings om misdaad in landelike gemeenskappe te bekamp. Die aankondig kom nadat Agri SA, TLU SA, en AfriForum verlede week 'n waardevolle vergadering met die nasionale polisiekommisaris, Khehla John Sitole gehad het. Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid sê 'n sperdatum is ook vasgestel vir wanneer dié veiligheidbevelsentrum in werking moet wees. Hy sê 'n meer boerevriendelike resirvestestelsel is ook op dié vergadering bespreek en daar is terugvoer gegee oor die vordering wat in dié verband gemaak is. Esterhuyse sê dit is positief dat daar op die vergadering onderneem is dat dié reservistestelsel nou aandag sal geniet. Daar is reeds 3000 bestaande reserviste wat in die polisiemag opgeneem gaan word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
12 Oct 2020 7PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min