Agri-Uur 13 Oktober Pierre Vercueil

Loading player...
Terwyl die volgende hofverskyning van twee verdagtes in verband met die moord op jong Brendin Horner, 'n plaasvoorman van Paul Roux in die Vrystaat, na verwagting eerskomende Vrydag weer in die hof is, maan Agri SA landbougemeenskappe tot kalmte. Dié organisasie se nuutverkose president, Pierre Vercueil, sê die reg moet toegelaat word om sy gang te gaan. Hy meen die aangeleentheid rondom plaasmoorde is nou in die media regoor die wêreld en dit is nie meer slegs 'n plaaslike aangeleentheid nie. Dit is nou op internasionale vlak ter sake en daarom moet daar nou verantwoordelik opgetree word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Vercueil, gepraat..
12 Oct 2020 7PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dit is brandseisoen en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen wat voorle

Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
11 Aug 1AM 21 min