
Afrikaans


SFM Oggend Oordenking om 5:55vm & Sondag ateljeediens
Podcast · SFM STREEK RADIO
Jou daaglikse dosis van Sielskos - Maandag to Saterdag oggend omstreeks 5:55vm en Sondag oggend om 8:00vm.

SFM Wat is my regte?
Podcast · SFM STREEK RADIO
Wat is my regte volgens die Reg? Die eerste Dinsdag van die nuwe maand bespreek SFM en Prokureurs Oosthuizen Marais & Pretorius Ingelyf Jou regte volgens die Reg. Skakel om om 10:10

SOUL PLANE
Podcast · KC107.7
Your pilot Ockie of the Soul Plane on KC 107.7. We’ll be reaching high altitudes with jazzy, R&B and classic soul vibes. Buckle up and enjoy your flight on the airwaves of KC 107.7.

Sel 35 – die Thabo Bester-storie
Series · OFM
Beleef die drama en intrige van een van Suid-Afrika se mees waaghalsige ontsnappings – en die verstommende vermetelheid van die Facebook-verkragter en sy glansryke meisie. Besoek ofm.co.za elke Dinsdag vir die volgende aflewering van Sel 35 – en daagliks vir nuusberigte oor die verloop van die verhoor.

Senwes OFM Agri Uur - Graan SA NAMPO Oesdag 2025
Podcast · OFM
OFM bied met trots aan ’n spesiale landbou-uur, 12- 16 Mei 2025, 11:00 – 12:00, geborg deur Senwes. Skakel in vir insiggewende praatjies oor brandpunte in landbou.

Siel
Podcast · Afrikaans.Radio
Siel is jou gids na rustigheid en balans. Hierdie Afrikaanse meditasie-reeks bied ’n verskeidenheid oefeninge om jou gedagtes stil te maak, stres te verminder, en jou te help fokus op wat regtig belangrik is. Siel – Vind jou stilte in Afrikaans. Elke meditasie by Siel is ontwerp om jou innerlike…

Sis'ters Podcast (met Ingrid, Benescke, Rouchelle en Liomee)
Podcast · Radio Tygerberg 104FM
In die Sis'ters Podcast gesels Ingrid Venter, Benescke Janse van Rensburg, Rouchelle Liedemann en Liomee Vosloo oor verskillende temas wat vroue raak. Die Sis'ters Podcast sluit aan by die Sis'ters Vrouekonferensie wat plaasvind op 16 Augustus 2025 by Artscape van 14:00-17:00. Kaartjies vir die konferensie is beskikbaar by https://itickets.co.za/register/new/483002?

Sisters Podcast (met Ingrid, Benescke, Rouchelle en Liomee)
Podcast · Radio Tygerberg 104FM
In hierdie reeks gesels Ingrid Venter, Benescke Janse van Rensburg, Rouchelle en Liomee Vosloo oor verskeie temas wat vroue raak.

So stuur Ek julle
Podcast · Radio Pulpit
Skakel in vir getuienisse deur sendelinge en mobiliseerders wat luisteraars aanroep om die Sendingbeweging regoor die wêreld te ondersteun.

Sonop Gaan Bos
Podcast · 100.5FM Radio Laeveld
Sonop gaan Bos elke Woensdagoggend en gesels met rolspelers wat betrokke is by natuurbewaring in die Laeveld.

Sportnuus
Podcast · Maroela Media
Die jongste sportnuus in Afrikaans. Vervaardig deur Maroela Media.

Straatdebat
Podcast · 100.5FM Radio Laeveld
Amanda vind uit wat inwoners van die Laeveld se opinie is oor allerlei brandpunte.

Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal
Series · Maroela Media
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Nicolien se soektog na haar pa verdiep. Stefan delf verder in die geheimsinnige duikdood van Mauritz se pa, en…

Strandloper – ’n vervolgverhaal
Series · Maroela Media
Onder die oppervlak van Bloubaai se rustige waters, vars lug en hegte gemeenskap, is daar woelinge en ou geraamtes in kaste wat op onmoontlike tye boontoe kom om lewens om te krap. Soos Tannie Ouvrou se verlede wat sy met haar ywerige hande probeer wegwerk, net om telkens weer deur…

Stresfokus met Prozen
Podcast · OFM
Of jy nou verkrummel onder die eise van volwasse lewe of jy 'n student of leerder is wat sukkel met jou akademie of eksamens, stres kan jou gesondheid en geestelike welstand ernstig beïnvloed. Yolanda Maartens gesels met kenners oor stres, angs en slapeloosheid. Moontlik gemaak deur Prozen. Help om jou…

Strome van Lewende Water - Henry Jackson
Podcast · BAASRAAK RADIO
Welkom by die Afrikaanse Potgooi Kanaal van Henry Jackson, die boer van Zimbabwe. Henry Jackson, ‘n voormalige pastoor, sakeman en boer in Zimbabwe, woon tans in Suid-Afrika, nadat nog ‘n grondbesetting in Zimbabwe hom gedwing het om sy vaderland te verlaat. Hy en sy vrou, Mandy, woon tans in die…

Styleskoops (Afrikaanse Weergawe)
Podcast · Newskoop
Waar Suid-Afrikaanse Talent en Kultuur saamsmelt. Sluit maandeliks by ons aan vir boeiende gesprekke met talentvolle Suid-Afrikaanse musikante en kunstenaars. Luister na insiggewende boek- en fliekresensies, bly op hoogte van nuwe vertonings en neem deel aan gedagteprikkelende leefstylbesprekings. Skakel in vir 'n ryk mengsel van kreatiwiteit, kultuur en vermaak.

THE POWER HOUR
Podcast · KC107.7
Local heart warming Stories from local Heros who has the potential to inspire others

Taaltoffie
Podcast · Maroela Media
Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings. "Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.