Sakegesprekke

Sakegesprekke is 'n maandelikse radio program saam met Wilmar Fourie van Netwerk vir Afrikaans, wat elke eerste Vrydag van die maand uitgesaai word.

In hierdie inspirerende gesprekke ontmoet ons suksesvolle Namibiese sakelui om te hoor hoe hulle hul ondernemings opgebou het, watter uitdagings hulle oorkom het, wat hulle oor leierskap en entrepreneurskap geleer het, en hoe hulle die toekoms van besigheid in Namibië sien.

Ons kyk ook verder as ons landsgrense na nuwe idees, innovasie en ekonomiese ontwikkeling in ander dele van Afrika, en ondersoek hoe hierdie tendense geleenthede vir Namibiese besighede kan skep.

Sakegesprekke is 'n platform vir inspirasie, praktiese insigte en betekenisvolle gesprekke oor die mense en idees wat die ekonomiese landskap van Namibië en Afrika help vorm.
Monthly Afrikaans Namibia Business · Business News
1 Episodes

Gys Joubert - Gondwana Collection Namibia

Ons is baie opgewonde oor ons eerste episode van Sake Gesprekke op Nova 1035 in samewerking met Netwerk vir Afrikaans. Ons eerste gas is Gys Joubert, die besturende direkteur en uitvoerende hoof van Gondwana Collection Namibia. Ons bespreek die impak van olie en gas op die toerisme bedryf, die belangrikheid…
7 Aug 36 min