Anton Westraadt - Pupkewitz Motors

Loading player...
In die volgende episode van Sakegesprekke op Nova 1035, in samewerking met Netwerk vir Afrikaans en Wilmar Fourie, gesels ons met Anton Westraadt, ’n prominente sakeleier in die Suider-Afrikaanse motorbedryf en die huidige Besturende Direkteur van Pupkewitz Motors.
Anton deel sy insigte en ervaring oor die sakewêreld en die motorbedryf, met Wilmar wat hom uitvra oor meer besigheidsgerigte onderwerpe en sy perspektief op die uitdagings en geleenthede in die bedryf.
Karlien neem die gesprek op ’n meer persoonlike vlak en vra die vrae wat ons ’n bietjie beter laat kennis maak met die mens agter die sakeman en leier.
’n Interessante gesprek wat beide die sakeleier én die mens agter die titel belig.
4 Sep Afrikaans Namibia Business · Business News

Other recent episodes

Gys Joubert - Gondwana Collection Namibia

Ons is baie opgewonde oor ons eerste episode van Sake Gesprekke op Nova 1035 in samewerking met Netwerk vir Afrikaans. Ons eerste gas is Gys Joubert, die besturende direkteur en uitvoerende hoof van Gondwana Collection Namibia. Ons bespreek die impak van olie en gas op die toerisme bedryf, die belangrikheid…
7 Aug 36 min