OFM OFM Agri Hour

OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.
Daily English South Africa Business News · Business
5,783 Episodes
3320 – 3340

NWK na langer as 'n dekade die 'outboet' van plaaslike landboukoöperasies

Die Covid-19-pandemie plaas wel ietwat van 'n demper op NWK se 111ste viering van sy bestaansjaar, maar dié staatmaker landboubesigheid bly steeds trots op sy diep wortels in die bedryf. Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder, sê dié landboukoöperasie is die oudste in die land. Dit het alles op 'n vergadering…
5 May 2020 11PM 6 min

Droogte steeds 'n stewige greep op Noord-Kaapse boere

Boere in 'n groot gedeelte van die droogtegeteisterde Noord-Kaap maak steeds staat op finansiering om veevoer te bekom vir hul kuddes, omdat daar geen natuurlike weiding beskikbaar is nie. Dit is die situasie nadat die droogte steeds nie sy stewige greep verslap het in die grootste deel van die provinsie…
5 May 2020 11PM 4 min

Saai skud kop vir sentralisering van kospakkies aan armes

Die landbou-organisasie, Saai, wat hom toespits op familieboerderye raai boere aan om nie surplus kos deur regeringskanale aan behoeftiges, tydens die nasionale grendelstaat weens die Covid-19-pandemie, te versprei nie. Dr. Theo de jager, voorsitter van die direksie van Saai, sê dié organisasie het sy kop geskud vir die regering se…
5 May 2020 11PM 6 min

Safex Verslag 5 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Volgens die nuutste Amerikaanse Departement van landbou (USDA) se weeklikse produksievorderingsverslag is 51% van die Amerikaanse mielies vir seisoen reeds geplant. Dit is aansienlik meer as die 5 jaar gemiddelde tempo van 39% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Privaat uitvoerders het gister ongeveer 116 000…
4 May 2020 11PM 3 min

Covid-19: Pilots join hands to deliver food in poor communities

A group of pilots from across South Africa have joined hands to provide relief to communities in remote areas. Felix Gosher, a commercial pilot from Gauteng spearheaded The Covid Flight initiative in April this year. He says it was started by the group of pilots out of necessity, because they…
4 May 2020 11PM 4 min

Nasionale Tessourie moet die Landbank nou red

Kommer in georganiseerde landboukringinge oor die land se ekonomiese verval en onstabiliteit neem toe. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê in die stadium bloei die land se ekonomie nadat Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer is. Daarmee saam is die Landbank ook in 'n geldelike verknorsin nadat die internasionale…
4 May 2020 11PM 4 min

Safex Verslag - 4 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag met die weerstoestande wat gunstig was vir die aanplantings om plaas te vind. · In Amerika het die verbruik van mielies in die etanolmark met ongeveer 1 miljoen ton per week gedaal wat…
3 May 2020 11PM 2 min

Verbruiksjag lewer R8 biljoen bydrae tot Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks

Die jagbedryf beklemtoon opnuut die belangrike bydrae, wat plaaslike verbruiksjag, tot Suid-Afrika se ekonomie lewer. Dit kom nadat die Jagters- en Wildbewaringsvereniging, die regering se aankondiging dat daar tydens vlak-4 van die nasionale Covid-inperking met die jag van wild voortgegaan kan word, verwelkom het. Fred Camphor, uitvoerende hoof, sê dié…
3 May 2020 11PM 4 min

#AgriSA 'n Duidelike begrip oor die landbouwaardeketting is nodig in SA

Betrokkenes in die landboubedryf se harde werk agter die skerms om die landbouwaardeketting ongesteurd te laat, het vrugte afgewerp. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê daar is uit verskeie landbougeledere voorstelle aan die regering gemaak ten opsigte van sekere regulasies van die staat van inperking weens die…
3 May 2020 11PM 4 min

Wolbedryf slaag sug van verligting, oor dié vesel wat in grendeltydperk noodsaaklik is

Die wolbedryf slaak 'n sug van verligting, nadat dit ingevolge die Covid-19-regulasies nou as 'n noodsaaklik produk geklassifiseer word. Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging, NWKV, sê die waardeketting vir wol het nou weer die geleentheid om op dreef te kom. Dié aangepaste regulasies is verlede week deur…
3 May 2020 11PM 4 min

What's new in Farmer's Weekly?

AND In our Friday insert, only on OFM News' Agri Hour, Christal-Lize Muller speaks to the editor of Farmer’s Weekly, Denine Erasmus, about the latest news in the agricultural industry covered by the magazine on its website…
30 Apr 2020 11PM 5 min

Covid-19: Verbod op patrollering in landelike gebiede skep 'n leemte

Die minister van polisie, Bheki Cele, staan vas by die verbod op die patrollering deur buurt- en plaaswagte tydens die Covid-19 staat van inperking. Die patrollering in landelike gebiede is 'n tradisionele gevestigde instelling en is deel van die landelike beveiligingstrategie, wat in oorleg met die polisie, in plek gestel…
30 Apr 2020 11PM 5 min

Jagbedryf wag nou vir protokol oor Covid-19-regulasie

Die jagbedryf het die regering se aankondiging dat daar, tydens vlak-4 van die nasionale inperking met die jag van wild voortgegaan kan word, verwelkom, maar dié bedryf wag nou angstig op die nodige protokol in dié verband. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, sê jag is…
30 Apr 2020 11PM 2 min

Safex Verslag - 30 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Mielies: · ʼn Effense herstel in die internasionale energiepryse het ondersteuning aan die Amerikaanse mieliemark gebied en beide die Mei en Julie termynkontrakte het ondersteuning gevind. · Taiwan het gister ongeveer 66 000 ton se Brasiliaanse mielies aangekoop op ʼn internasionale tender. Dit is vir lewering later in die jaar…
29 Apr 2020 11PM 2 min

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

Hy sê Suid-Afrika bevind homself in onbekende water ten opsigte van die Covid-19-pandemie, en strategiese "vlugvoetige" beplanning is nou van belang. Dit word gedoen deur jouself te posisioneer en vas te stel waar jy jouself in die toekoms wil bevind en om dit te doen moet daar 'n terugblik wees…
29 Apr 2020 11PM 7 min

Lewende hawe veilings vind moontlik volgende week plaas

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf weekliks op 'n Donderdag die veilingpryse wat op lewende hawe veilings behaal word. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op…
29 Apr 2020 11PM 1 min

TLU SA soek duidelike riglyne oor vervoerkwessies

Daar is verskeie onduidelikhede ten opsigte van regulasies met betrekking tot die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie, wat Vrydag oor die land heen na vlak-4 verlaag word. Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, sê die feit dat die jag van wilde diere nou toegelaat word, word verwelkom, maar…
29 Apr 2020 11PM 7 min

Safex Verslag - 29 April 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Mielies: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 27% van die mielie aanplantings vir die seisoen voltooi. Dit is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 20% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Suid-Korea het gister ongeveer…
28 Apr 2020 11PM 2 min

Covid19: New developments in meat and wheat industries

Disruptions in the global agricultural supply chains and uncertainty about how long the Covid-19 pandemic will last have resulted in three major developments including closures of major meat processing plants , wheat export restrictions, and looming hunger in Africa. He says America, Brazil and Canada, which accounted for nearly a…
28 Apr 2020 11PM 5 min
3320 – 3340