Woensdae-aande tussen 20:00 en 21:00 gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor die nuutste Mediese-nuus en nooi kenners om te gesels oor verskeie mediesevelde.
Weekly
Afrikaans South AfricaNews Commentary · DocumentaryAuthored by Pieter Cloete & Dr Jaco van Niekerk
Dr Henk Swanepoel, 'n kliniese sielkundige is deel van die paneel wat gesels oor tiener selfdood. Wat moet ouers weet? Wat is die gevaar tekens? Waarna moet gekyk word as dit kom by 'n kind se gedrag? Al die vrae en meer word beantwoord. 11 - 18 Februarie 2019 is…
Pieter Cloete het met Sumarie Jordaan, 'n 19-jarige student van Belville gesels oor haar liedjie, "Verander jou siening". Die inspirerende liedjie het soos 'n veldbrand versprei op sosiale media. Sumarie vertel waaroor die liedjie gaan en ook haar uitdagings en hoe sy dit oorkom.
Ons gesels met Dr Jacobus Benson oor 'n nuwe studie waarmee hy tans besig is om hipertensie (hoë bloedruk) te normaliseer sonder medikasie. Die studie, "Aortic Arch Baroreceptor Stimulation" gaan binne die volgende 2 tot 5 jaar op mense getoets kan word. Dr Jacques Koning, Xander Loubser en Dr Jaco…
Francois van Rensburg is nie net 'n geliefde omroeper nie, maar ook 'n bekwame liedjieskrywer en sanger. Pieter Cloete het met hom gesels oor sy nuutste enkelsnit: Fotos van jou.
Burgermeester van Tshwane, Solly Msimanga gesels oor Tshwane se EMS-begroting wat gesny is en hoe dit moontlik dienste gaan beinvloed. Ons gesels ook oor Gauteng EMS wat die bestuur van nooddienste in Tshwane voortaan gaan bestuur.
Gert van Rooyen en Joey Haarhoff het Suid-Afrika geskok in die vroeë 1980's, na onthullings dat die twee meisies ontvoer het. Vanaand kuier Alet van Rensburg, joernalis en uitvoerende vervaardiger van die program Fokus op SABC, in die ateljee om meer oor die saak, nuwe onthulings en die pad vorentoe…
Johan Marais is 'n slangkenner en skrywer van vele slanggids boeke. Hy kuier vanaand saam die span en gesels onder meer oor eerste hulp as dit kom by slangbyte en beantwoord van luisteraars se vrae.
Moenie dat haar ouderdom jou flous nie. Die 13-jarige meisie kan sing. Pieter Cloete het met haar gesels oor haar liefde vir musiek en natuurlik haar eerste enkelsnit wat sy self geskryf en vervaardig het.
Ons gesels met Dr Aliya Mukadam, finale jaar student aan die University van Pretoria. Sy het onlangs nie minder as 13 onderskeidings gekry nie, 'n ongelooflike prestasie! Xander Loubser (Best Care) gesels oor hul Kersfees projek en sluit af met van ons beste programme en insetsels wat vir ons in…
Ons gesels oor 16 dae van aktivisme teen geweld aan vroue en kinders en later in die program gesels Dr Jacques Koning meer oor HIV Vigs. Ander gaste: Xander Loubser (Best Care) en Dr Jaco van Niekerk.
Niel Cloete ('n litigasie prokureur by Weavind & Weavind) gesels meer oor wetgewing t.o.v die aanhou van troeteldiere en hoe die reëls van 'n kompleks/deeltitel eiendom jou kan raak. Voorbeeld hiervan: John Doe het 'n eenheid gekoop en die (toe) kompleks reëls het gesê hy kan 3 honde aanhoud. Met…
Pierre Hogewoning gesels oor EST (Emergency Support Team) se jaarlikse Arive Alive projek in Pretoria Wes. Die week gesels Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser en Esmaralda Burger oor dehidrasie en hoe om dit te voorkom die kers seisoen.
Die week gesels ons oor die veiligheid van kinders, onder andere hoe om KPR op 'n kind/baba toe te pas en wat om te doen ivm 'n verdrinking. Gaste soos gewoontlik: Dr Jaco van Niekerk, Xander Loubser (Best Care) en Esmaralda Burger.
Mike Bolhuis en Werner Koekemoer gesels oor hul laboratorium resultate van Herbal blend en wat die produkte bevat. Dr Carin Claasen kuier ook later in die program saam en vertel meer oor beroertes. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser (Best Care) kuier in die ateljee.
Ons gesels oor die skokdwelm, "Herbal blend" wat skokgolwe in Pretoria die afgelope week veroorsaak het. Ons gesels met een van die seuns wat in een van die videos te sien is, wat tans op sosiale media die rondte doen. Ander gaste sluit in: Mariné Lourens (Maroela Media), Xander Loubser…
Skietwond trauma, die behandeling van 'n skietwond en meer. Tim Crofts van Red Rimfire, 'n vuurwapen instrukteur deel van sy kennis. Ons gesels ook vlugtig oor geestesgesondheid en die belangrikheid van die behandeling daarvan. Dr Jaco van Niekerk en Xander Loubser (Best Care) kuier saam Pieter Cloete in die ateljee.
Antoinette Joubert, Korporatiewe verhoudings bestuurder van pinkdrive.co.za gesels oor pink drive se bewusmaking rondom borskanker. Dr Hannes Jekel en Dr Jaco van Niekerk deel meer oor borskanker van 'n mediese trauma perspektief.
4 Oct 2018
41 min
360 – 380
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.